Bergfiets Wegbreek – Donderdag 1 Mei 2014

Hierdie is ‘n gulde geleentheid om die ongelooflike nuwe bergfiets roetes in die Stanford omgewing te beproef. Ruim plaas paaie, heerlike ‘jeep tracks’ en doelgerigte ‘single tracks’.

Die natuurskoon is asemrowend en die roetes is so beplan dat daar vir elkeen van die familie ‘n uitdaging is. 20, 30 & 65 kms van ons mooiste nuwe bergroetes in die Akkedis gebergtes. Dan is daar ook die heerlike bymekaar kom by Oom Tat’s Restaurant vir heerlike sosaties, koffie, pannekoek en nog meer.

GPS ko-ordinate: 34⁰27 55.44⁰S & 19⁰35 43.62⁰E Julle deelname gaan die Hopeland Gemeenskaps Projek bystaan om die nodige fondse bymekaar te maak om ‘n broodnodige nasorgsentrum in Stanford tot stand te bring. This one is not for the medal, it’s for the miracle!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *